top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Raak bekend daar waar dit regtig saakmaak

  • May 5, 2014
  • 2 min read

deur Stephan Joubert

Lyk my, elke tweede Facebook bladsy of Youtube video handel deesdae oor indiwidue wat voor aankomende treine verbyhardloop, oor geboue probeer spring met motorfietse, en wat nog alles. Mense vang die vreemdste dinge aan en plaas dit op sosiale media. Daarom verbaas dit my nie dat ’n onlangse studie onder die millennium generasie bevind het dat ’n beduidende groep jongmense glo hulle gaan binnekort “celebrities” wees, al moet hulle ook, soos wat hulle dit stel: “extreme things” waag.

Voordat jy my verkeerd verstaan: bekendheid as sodanig is nie ’n probleem nie. Die Here gebruik graag ook bekende mense. Vat maar vir ’n Josef, ’n Moses of ’n Ester wat almal binne hulle eie dag bekend was. Bekendheid kan egter nooit ’n doel opsigself wees vir Christus se mense nie. Wat help dit in elk geval ons wen die hele wêreld maar ons siel ly skade, soos wat Jesus in Matteus 10 vir ons sê? Vandag se helde is môre se vergetenes. Ons hoef regtig nie beroemd te wees om die regte dinge vir die Here te doen nie. Ook hoef ons nie ekstreme dinge te doen, of selfs groot dinge om die regte impak vir Hom te maak nie. Dit is juis deur ons getrouheid in klein dingetjies soos vriendelikheid, deernis en respek vir ander mense, asook deur aanhoudende klein dade van ontferming in Jesus se Naam, dat Hy geëer word. Tereg sê Jesus dan ook in Matteus 10 dat nie eens ’n bekertjie koue water wat stilweg uitgedeel word ongesiens by die hemel verbygaan nie. Doen dit en raak beroemd op die regte plek — daar waar God en sy hemelse skares is.

 
 
 

Comments


KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page