top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

As sy lyf breek leef ons

deur Stephan Joubert

Jesus se kruis is nie so dierbaar soos wat ons dink nie. Paulus noem die kruis van Jesus ’n plek van vervloeking (Galasiërs 3) en ’n plek van swakheid (2 Korintiërs 13). Tog is dit juis daar aan die hout van Golgota dat God se genade die hemelse walle eens en vir altyd oorstroom. In Jesus se lyding word God se redding vir altyd oopgesluit. Verstaan jy nou hoekom die dood Hom nie gevange kon hou nie? Wanneer Jesus se lyf daar aan die kruis stukkend gebreek word en wanneer Hy die hekke van die dood uit die pad loop, swaai die brandkluis van genade wawyd oop. Hoekom?

  • God het sy Kind se offer aan daardie vloekhout as volle betaling vir al ons skuld en gemors aanvaar.

  • Jesus se Godheid maak dat nog die kruis, nog die dood sterk genoeg is om Hom gevange te hou.

By die kruis word alle uitstaande aardse rekenings teen ons name afbetaal. Glo dit asseblief! Aanvaar die rekening is vereffen vir altyd. Weet dat jy ’n nuwe begin, ’n tweede Genesis, van God ontvang het — dit alles omdat Jesus een goeie Vrydag aan ’n vloekhout gehang het en daardie Sondag uit die dood herrys het.

bottom of page