Die vreemde Held aan die houtkruis
- ekerkweb
- Apr 17, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Superman dra ’n groot S-teken op sy bors. Wanneer hy in sy gewone klere is en hy moet skielik ’n krisis hanteer, dan ruk hy sy klere oop om sy ware super-klere en daardie groot S te wys! Hoe anders is die Held van die hemel nie! Jesus het nie tussen ons almal aangekom geklee in ’n bo-aardse uniform of gewapen met hemelse wapens op sy rug nie. Sy klere was doodgewoon. Nee, wag — Jesus se klere was die drag van slawe. So skryf Paulus in Filippense 2. Jesus se vriende het boonop swakkes, randfigure, sondaars en weerloses ingesluit. Sy wapens was wonderwerke en woorde wat lewe gee vir elkeen wat dit aangegryp het. Ongelukkig kon party godsdienstiges dit nie vat dat God se Messias so anders was nie. Hulle het Hom eenvoudig nie geglo nie. Daarom het hulle vir Jesus verban na ’n houtkruis toe! Maar toe verander daardie kruis in een oomblik in die grootste reddingswapen ooit in die geskiedenis! Toe word Golgota God se finale geneesmiddel vir ons sondes, ons skaamte, ons hartseer en ons seer! Gaan kruip weg daar by Jesus. By die kruis hou Jesus juis ook vir jou plek.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...