Staan
- ekerkweb
- Apr 10, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Iemand skryf iewers dat as jy nie vir iets staan nie, dan val jy vir letterlik enigiets. Ek sou wou byvoeg: as jy nie vir Iemand staan nie, dan val jy vir enigiemand se stories. Hierdie Iemand is die Here. Om in Hom vas te loop, is lewensveranderend. Daarna is jy nooit weer dieselfde nie. Dit is soos ’n kop-aan-kop botsing, ’n noodlottige een. Daar sterf jou ou self. Daar staan ’n nuwe jy op in ’n nuwe lewe. Om Christus te leer ken, is nie net om ’n paar duikklop-werkies aan jou ou self te laat aanbring nie. Dit is om oor te begin met jou lewe. Dit is om te weet dat jy ’n nuwe skepping is soos wat Paulus in 2 Korintiers 5:17 skryf. Dan is alles nuut omdat jy nuwe oë en ’n nuwe hart gekry het. Jy leef dan kraakvars en nuut vir God. Jy loop op nuwe paaie en dink nuwe dinge. Christus die Here gee nuwe betekenis aan jou lewe. Nee wag, Hy is die somtotaal van alle betekenis in jou lewe. Hy is die Here. Hy is jou hoop en jou troos. Nou en vir altyd.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...