top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47
Search

Wat is die maklikste

  • ekerkweb
  • Mar 27, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert

Jeff Bezos, grootbaas van Amazon en die Washington Post vertel ’n rukkie gelede by Princeton Universiteit se besigheidskool dat sy oupa hom een van die grootste lesse van sy lewe geleer het. As jong seun het hy wat Jeff is op ’n dag vir sy ouma in ’n motor padlangs die waarheid vertel. Dit was nadat hy nie langer haar kettingrokery kon uitstaan nie. Hy het vir haar uitgewys dat dit haar lewe met nege jaar verkort het. Sy was baie ontsteld. Toe hou sy oupa ’n rukkie later stil en sê Jeff moet langs die kar kom staan. Na ’n lang ruk merk hy op: “One day you’ll understand that it’s harder to be kind than clever.” Net dit. Dit het Jeff se lewe verander. Toe ek hierdie storie gelees het, onthou ek die woorde van 1 Petrus 2:17 wat sê dat ons as gelowiges alle mense moet respekteer. Nee, Petrus sê nie ons moet probeer om alle mense te verander nie; hy sê eer alle mense. Behandel mense so mooi in die Heer se Naam sodat hulle veilig by jou voel. Kyk op na ander rondom jou. Dit is die Here se pad!

 
 
 

Recent Posts

See All
Digital Concaine [resensie]

Brad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...

 
 
 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page