top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Nie net praat, praat nie — ook doen, doen

deur Stephan Joubert

“All we ever do is talk, talk!” — het ’n bekende groep ’n paar jaar gelede gesing. Praat is goed, maar praat sonder doen, is soos sit sonder loop. Of soos rondstaan sonder om iewers heen oppad te wees. Die bekende Engelse uitdrukking sê juis: “Don’t just stand there; do something!” Te veel praat lei tot te min doen. Die evangelie se toetssteen is doen.

Liefde doen, vertel Johannes in die eerste Johannesbrief. Liefde is aktiewe gehoorsaamheid aan God en respek vir ander. Maar hierdie liefde se identiteit is gesetel in Jesus. Anders gesê, liefde se oorsprong is geleë in Hom. In sy selflose lewe vind ons die bloudruk vir liefde. Christus het sy eie lewe prysgegee in ons plek. Nee, Hy het nie maar net goeie wense laat weet vanuit die hemel, of gesê Hy dink aan ons nie. Jesus se liefde het dade geword. Ons moet op sy hakke leef. Onselfsugtige dade moet ons lewe kenmerk. 1 Johannes 3:16-17 sê juis as God se liefde in ons bly maar ons sluit ons harte toe vir ander wat nood ly, dan jok ons. Dan is ons geloof ’n klug. Van praat tot doen — dit is die regte roete.

bottom of page