Ekerk Noodprojekte Terugvoer Februarie 2014
deur Magriet Smit
Projek: SA Kinderhuis, Kaapstad
Op 25 Januarie 2014 het ons ’n “Extreme make-over” gaan doen by die SA Kinderhuis. Die seunskinders wat daar woon se TV kamer was in dringende nood van ’n nuwe “look” en “feel” soos die engelse mense sou sê.
Gideon de Wit het die oggend vir ons afgeskop met ’n boodskap oor “Simbole van Hoop.”
Daar was ’n groep mense wat hul tyd gegee het om prakties te help met die dra van die meubels, die inkap van die skildery wat geskenk is, ens.
Ons bid dat elke keer wanneer die kinders op die vrolike blou stoele sit, of na die pragtige bank kyk, oor die nuwe mat loop of selfs die nuwe blindings en TV sien wat geskenk is, dat hulle sal weet daar is mense wat omgee... meer nog dat Jesus hierdie mense gelei het om hierdie “Simbool van Hoop” vir hulle te gee.
Baie dankie aan elke persoon wat bygedra het om hierdie moontlik te maak. Dankie aan die Groote Kerk se ondersteuning van die projek.
Kyk gerus na nog fotos op ons Facebook bladsy.