Grootte tel nie in die kerk nie
- ekerkweb
- Mar 19, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Plaaslike gemeentes is groeiend of krimpend. Dit hang net af hoe jy kyk. As jy foute soek, sal jy dit altyd kry. As jy lewe soek, sal jy dit ervaar. Van kyk gepraat, ’n groot blinde kol wanneer die vraag rondom lewe in die kerk ter sprake is, is eietydse definisies van sukses. Solank as wat daardie idee van “groter is beter,” of “getalle is gelyk aan lewe” aan die orde van die dag is, sal baie plaaslike gemeentes die sukses-toets druip. Om te meen die aantal mense op sitplekke in kerke op Sondae is die groot barometer vir kerklike sukses, is om die punt te mis. Dit is nie korrek nie. Lewe is nie gelyk aan getalle nie. Indiwidue wat Jesus as hul Heer ken en navolg is die bewys van die onstuitbare opmars van die koninkryk van God in die wêreld. Indiwidue maak saak vir God. Of het ons dalk Jesus se woorde vergeet dat waar twee of drie in sy Naam vergader is, daar is Hy in hulle midde.
Kerk gebeur waar ’n handjievol volgelinge van Jesus is. Kerk gebeur daar waar mense geloofsgemeenskap of koinonia beleef, al sit hulle onder ’n boom. Miskien moet ons almal ’n slag ons blindekolle lig gee en oplet wat die Here onder die radarskerm doen in klein kerke en geloofsgemeenskappe. Hy is orals aan die werk — ook in die kerk, groot en klein. Kyk net fyn.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...