top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Familie van Jesus?

deur Alet Gardner

Een van ons dogters is besig met ’n uitgebreide stamboom van ons familie. Wat ’n heerlike interessante reis die verlede in! Daar is Eva (Krotoa) van die Kaap en haar dogter Pieternella wat deur Dalene Matthee verewig is aan die een kant, en Charlemagne in Frankryk en Edward 1 in Brittanje aan die ander kant. Ons verkneukel ons aan die Kaapse wynplase wat vroeër aan familielede behoort het en spekuleer grappenderwys oor grondeise.

Dis net so interessant om na ou familievideo’s te kyk. Ouma Bettie wat jare gelede al oorlede is, se gene is sigbaar in haar agterkleindogter se gelaatstrekke en houding al het die twee nooit ontmoet nie. Ons sien hoedat kleinseun Jamie presies dieselfde houding en aanwensels het as sy mamma 37 jaar gelede. Klein Harry lyk op ’n druppel water weer soos sy pappa kleintyd. En tog, as ’n mens uit ’n ander hoek kyk, sien jy weer trekke van die ander ouer se familie.

So het ons as gelowiges ook ’n baie spesiale stamboom. As wilde, nikswerd loot is ek gered en ingeënt op die olyfboom van God se volk. Soos my gelowige voorgeslagte (Abraham, Josef, Rut, Maria) kan ek nou ook vir ander tot seën wees in my huis en in my omgewing.

In Matteus 12:50 sê Jesus: “Elkeen wat aan die wil van my hemelse Vader gehoorsaam is, is my eintlike familie.” (NLV) God se ewige gene is nou deel van my deurdat sy Gees in my woon en Hy maak dit vir my moontlik om so te lewe — ek moet net daagliks kies om te gehoorsaam.

Dan kan ek saam met Amy Grant sing oor sy Goddelike familietrekke wat in my sigbaar word:

And when you’re called to stand and tell just what you saw in me,

More than anything I know, I want your words to be,

She had her Father’s eyes,

Her Father’s eyes;

Eyes that found the good in things,

When good was not around;

Eyes that found the source of help,

When help would not be found;

Eyes full of compassion,

Seeing every pain;

Knowing what you’re going through,

And feeling it the same.

Just like my Father’s eyes.

bottom of page