’n Regsuitspraak in die hemel
- ekerkweb
- Feb 27, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Toe lewer God sy uitspraak daar vanaf sy regterlike troon in die hemel. Boonop gebeur dit lank voor die wederkoms. Die Here het daar tussen die hemelwesens opgestaan om sy uitspraak te lewer. Wat het aanleiding gegee tot hierdie regsgeding en tot die hemelse beslissing? Psalm 82 gee die antwoord. God het aardse leiers en regters wat onregverdige beslissings fel na die hemelse hof toe gevat. Ook het Hy ook al daardie arrogante mense wat op armes, weeskinders en hulpeloses trap aangekla. Nodeloos om te sê, God het hulle almal skuldig bevind. Hy het immers al die feite tot sy beskikking. Vir sulke mense wag daar net donkerte en nood.
Ons wat die getuies van hierdie hofgeding is tussen God en goddeloses moet leer om nie in dieselfde strik as hulle te trap nie. God kan dit nie uitstaan dat mense so vol van hulleself raak dat hulle net mooi niks voel vir swakkes en weerloses nie. Ons as gelowiges word geroep om ’n hart te hê vir mense wat deur die lewe onderstebo geloop is. En as ek dit nie mis het nie, het die Here ons op presies die regte plek op die planeet neergesit om dit in sy Naam te doen.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...