top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Om sonder antwoorde te leef

deur Milanie Vosloo

“Ek vra God om my te help. Ek pleit by God dat Hy in my krisis moet ingryp. Luister tog na my! Ek word nie moeg om te bid nie ... dit voel vir my of God Hom nie meer aan my steur nie. Ek is moedeloos.” — Psalm 77:1,3a,4b

Was jy ook al gefrustreerd omdat jy vrae aan God vra en dan nie antwoorde kry nie? Of het jy ook al gewonder waarom Hy stilbly as jy regtig stoei met ding? Dan, liewe geloofsgenoot, kan jy aansluit by die duisende gelowiges oor alle eeue wat soms nié verstaan nie en ander kere sukkel om alles te glo.

Die waarheid is dat geloof nie beteken dat ons alles begryp en antwoorde op al ons vrae het nie. Om ’n geloofskind te wees beteken ook nie dat ons altyd sy teenwoordigheid sal beleef en altyd ewe geloofsterk is nie. Om wérklik te glo is om heel dikwels nié te verstaan nie, nié antwoorde te kry nie, te voel dat jou gebede nié beantwoord word nie, selfs nie vrede te kry nie ... en dan steeds uit te roep: “My God. My Vader ... ek wéét U is daar. Ek gló in U as my Verlosser. En ek bly soek na U.”

Geloof gaan oor die feit dat ons hoop op die dinge wat ons nie kan sien nie, omdat ons in ons harte en in ons lewens beleef dat daar ’n God is wat ons nie hoef te sien nie.

Here, ek wéét net: U ís daar. Hy ís by my.

bottom of page