Hy wíl saam met jou gaan!
- ekerkweb
- Feb 14, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo
“Moet Ek dan self saamgaan dat jou hart rus kan kry?” vra die Here toe vir Moses. “Asseblief,” sê Moses vir die Here, “as U nie self saamgaan nie, moet U ons glad nie van hier af laat weggaan nie.” — Eksodus 33:15
Die Here wil nie hê dat ons ons pad alleen loop nie. Want Hy ken ons so goed. Hy weet hoe gou ons die pad byster raak, hoe vinnig ons in die woud van die lewe kan verdwaal en hoe eensaam dit vir ons sonder Hom kan raak. Daarom verlang Hy nie net na ons wanneer ons sonder Hom probeer leef nie, Hy wag as’t ware in sy liefdevolle goedheid dat ons na Hom sal roep en weer na Hom sal terugkeer. En wanneer ons erken dat ons nie sonder Hom wíl leef nie, sal ons gou hoor hoe Hy ons — soos vir Moses destyds — antwoord:
“Goed”, het die Here vir hom gesê, “Ek sal dan maar saam met julle gaan, soos jy gevra het. Ek sal maak soos jy vra, want Ek ken jou baie goed.” — Eks 33:17
God wíl elke dag van jou lewe saam met jou leef. Hy wil deel van jou dinkwêreld wees as jy wakker word, saam met jou al jou uitdagings hanteer, jou hand vashou wanneer jy wonder wat om te doen en vanaand ... dan wil Hy jou sagkens op jou voorkop soen sodat jy in vrede kan gaan slaap.
O Gees van God, leef in my, deur my, saam met my ... heeldag lank.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...