Dringendheid versus gejaagdheid
- ekerkweb
- Feb 13, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Daar’s ’n verskil tussen besige gelowiges en dringende gelowiges:
Gejaagde mense WERK heeltyd vir die Here, terwyl dringende mense heeltyd LEEF vir die Here.
Gejaagde mense rus eers nadat hulle vir die Here gewerk het, terwyl dringende mense leef vanuit hulle rus in die Here.
Gejaagde mense verstaan hulle lewe in terme van besigwees. Daar’s te veel take wat nog afgehandel moet word. Dringende mense word gemotiveer vanuit ’n diep innerlike liefde vir die Here. Hulle het altyd tyd vir die regte dinge.
Dankbaarheid teenoor God dryf dringende gelowiges aan. Plig en skuldgevoelens dryf gejaagde kerkmense aan.
Gejaagde mense se werk is nooit klaar nie. Hulle skouers is veels te smal vir die groot las wat hulle self probeer dra. Hierteenoor weet dringende mense hulle is in die Here se diens. Hulle laat Hom toe om hulle eie en ander mense se laste te dra. Hulle maak nie ander se probleme hulle eie nie, maar leer diesulkes keer op keer om dit aan die Here se voete te gaan aflaai. Ja, en om dit daar te los!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...