Gaan Hy saam met jou?
- ekerkweb
- Feb 4, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo
“... Ek self sal nie meer saam met julle soontoe gaan nie. Hierdie volk volg hulle eie kop ... Julle is te eiewys dat Ek dit vir een oomblik met julle sal kan uithou wanneer Ek saam met julle moet gaan...” — Eksodus 33:3a, 5a
Loop die Here nog saam met jou? Of het jy Hom dalk iewers langs die pad verloor? Besluit om jou eie pad op jou manier te loop? Dis nogal maklik om ons die teenwoordigheid van die Gees op ons lewenspad te verloor. Ons hoef maar net té besig, té behep met ons eie lewens en té gemaklik te raak. Dan is Hy sommer gou nie meer prioriteit nie.
Om die Here uit ons lewens te leef, is ’n eeu oue mensding. So het die Israeliete — ten spyte van al die wonderwerke wat Hy in hul lewens gedoen het — Hom gereeld eenkant toe geskuif en dan ander gode belangrik geag. En elke keer as hulle so slim was om Hom te los, het dit sleg met hulle begin gaan en was hulle vrede daarmee heen.
Ons Vader het elkeen van ons verskriklik lief. So lief dat Hy ons die heeltyd by Hom wil hê sodat Hy ons deurentyd met sy liefdevolle goedheid kan bederf. Wanneer ons sy hand los, is dit óns wat aan die kortste end trek ... wat iets van sy groot vrede mis.
Word vir ’n oomblik stil en maak seker dat die Here by jou is; dat Hy die dag sáám met jou gaan.
Wees by my, Here. Heeldag lank.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...