top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Moenie jou asem mors nie

  • ekerkweb
  • Jan 30, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert

Stan Gerlach moes ’n afskeidswoord by ’n vriend se begrafnis iewers in Kalifornië lewer. Aan die einde van sy kort toespraak het hy vir die aanwesiges gesê dat geen mens ooit seker is wanneer God jou die dag kom haal nie. Hy het toe bygevoeg: “At that moment, there’s nothing you can do about it. Are you ready?” Toe gaan sit Stan skielik. Net daar voor almal sak hy inmekaar en sterf. Skaars het Stan vir die begrafnisgangers gevra of hulle gereed is om die lewende God te ontmoet, toe sterf hy met hierdie einste woorde op sy eie lippe. So vertel Francis Chan, wat vroeër sy leraar was, in een van sy boeke.

Daar kom ’n dag dat ons elkeen ons laaste asemteug moet uitblaas. Dan eindig alles. Of nie! Wat dan? Het jy al hieroor nagedink? Of dink jy die lewe aan dié kant is ewigdurend? Leef jy so dat elke asemteug van jou goeie asem in jou longe is waarmee jy God verheerlik? Moenie enige asem mors nie. Laat jou asem tel. Maak Christus groot in alles wat jy dink, doen en sê. Dan haal jy goed asem. Dan sal jou laaste asemteug aan hierdie kant van die graf die beste een ooit wees.

 
 
 

Comments


KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page