God het vlees geword
- ekerkweb
- Jan 28, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo
Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid. — Johannes 1:14b
Het jy al mooi daaroor gedink wat dit beteken dat God regtig ’n méns van vlees en bloed geword het? In Johannes 1:14 lees ons: En die Woord (= Jesus Christus) het mens geword en by ons kom woon Hy, die groot God wat van voor die skepping van die wêreld al daar was, het dus besluit om af te daal en tussen ons mense te kom tent opslaan. Hy het in ons buurt — hier langs ons — kom intrek en in alle fasette soos ons geword. Dit het Hy gedoen omdat net ’n méns vir ons sondes kon betaal. Hoe aangrypend is hierdie waarheid nie! En hoe uniek maak dit ons Christengeloof nie: dis immers net ons God wat uit die hemel neergedaal en tussen ons kom bly het.
Wanneer ons weer met nuwe oё na hierdie waarheid kyk, besef ons maar net weer hoe oneindig lief ons God ons het. Dat Hy bereid was om aarde toe te kom en deur die mensdom verwerp, gegesel en gekruisig te word ... sodat ons kan leef, is soms vir ons te groot om werklik te verstaan.
Miskien is dit juis waarop Martin Luther hieroor gesê het: “Dis een van die dinge waaroor mens eerder minder wil sê en maar net op jou knieё wil neerval en uitroep: ‘Dankie Here!’”
Dankie Heer vir wat U is. U is mý Here en mý God.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...