Die hemel is nou al
- ekerkweb
- Jan 15, 2014
- 1 min read
deur Milanie Vosloo
“ … Julle sal ook die Heilige Gees ontvang. Hierdie groot hemelse Geskenk is bedoel vir elkeen van julle.” — Handelinge 2:38b
Soms voel God en sy hemel so vêr en laat ons toe dat ons onsself in ’n knoop dink of praat, terwyl die Evangelieboodskap eintlik so vreeslik eenvoudig is. Dit het ek weer besef toe ek die boek, Die Hemel is werklik gelees het. Met die absolute onskuld van ’n vierjarige kind vertel Colton van sy reis na die hemel, hoe Hy Jesus met sy mooi, sagte oë en ander familie wat hy nie op aarde geken het nie, ontmoet het. Hy’t die wonderlike en mooi van die hemel ervaar, maar is ook met die waarheid gekonfronteer dat hulle wat Jesus nie geken het nie, nié in die hemel is nie.
Ons kan deur middel van die Skrifwaarhede ons eie beperkte prentjie oor die hemel skets. En tog gaan dit soveel mooier wees as wat ons ooit kan beskryf. Soos Rick Warren sê: Ons verstand kan nie die wonder en grootheid van die hemel kleinkry nie. Dis soos om die internet aan ’n mier te verduidelik. Dis tydmors. Die woorde bestaan nie om die ervaring van die ewigheid oor te dra nie.
Ons hoef nie nou al te weet hoe die hemel is nie. Ons hoef nou net te weet dat ons Jesus Christus as ons Verlosser aanvaar het. Dán het ons die Heilige Gees — God self — in ons en kan ons deur sy teenwoordigheid nóú reeds ’n stukkie hemel ervaar.
U is my Hemel, Here.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...