top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Nood Projekte Terugvoer: Januarie 2014

Deur Magriet Smit

23 Desember 2013 het ekerk hande gevat met Straatwerk (‘n nie-winsgewende organisasie in die Kaap) om Jesus Sigbaar, Voelbaar en Verstaanbaar te maak aan ‘n groep dames en kinders wat deur te veel is in hul lewens.

Die dames en kinders het weke lank uitgesien na die Kersfees piekniek wat vir hul gereël is, maar die hoogtepunt was om hul reaksie te sien tov die R250 geskenkbewysse wat PEP Stores aan elkeen geskenk het (waarvan hul nie voor-af geweet het nie).

Ons is die oggend vd piekniek in ‘n bussie na die winkelsentrum waar die naaste PEP Stores is om te gaan inkopies doen saam met die groep spesiale vrouens. Wat ‘n belewenis was dit nie!

Wat my opgeval het was dat die vrouens met die geskenkbewys bitter min vir hulself gekoop het, maar meeste daarvan spandeer het op hul kinders. Een van die tiener meisies het my gevra of sy eerder kos ipv klere kan koop en ek kon met ‘n groot knop in die keel aan haar meedeel dat God voorsien het dmv CCFM Radio stasie kospakkies, om aan hul te gee vir Kersfees.

Waar baie van ons dit vanselfsprekend aanneem om met ‘n sekere bedrag geld tot ons beskikking by ‘n winkel in te gaan en te koop wat ons nodig het, was dit opvallend dat hierdie ‘n besonderse geleentheid vir die dames was.

By die betaalpunt aangekom, terwyl die dames met hul vol mandjies daar staan, in ongeloof (van hulle in trane) dat dit werklik besig is om te gebeur, het die kassiere aangedaan oor die wonderwerk wat voor haar afspeel in trane uitgebars.

Na die oggend se uitstappie het ons heerlik piekniek gehou, met die wete dat geen hart onaangeraak was wat die spesiale dag gedeel het nie.

Dankie aan elke persoon wat bygedra het dat hierdie Kersfees ‘n onvergeetlike een vir die spesiale groep dames en kinders was!

bottom of page