So meet jy die waarde van alles en almal
- ekerkweb
- Jan 9, 2014
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Hoe meet jy die waarde van dinge? ’n Versekeringsmaatskappy kan jou help met die waarde van jou aardse besittings. Maar is die waarde van jou lewe gelyk aan die somtotaal van jou vaste bates? Meet jy regtig jou aardse bestaan aan jou geld, jou huis en jou motor? Wel, dan meet jy 100% verkeerd. Hierdie meetinstrument gaan jou hoegenaamd niks help as jy eendag voor die lewende God staan nie
Een vraag wat myself help as ek aan die waarde van dinge in my lewe dink is die volgende: “wat moet ek verloor voordat ek alles verloor het?” Besittings kan vervang word, maar my geliefdes nie. My huwelik is ongetwyfeld my hoogste aardse vreugde. So ook my kinders, familie en vriende. Hulle waarde is onmeetbaar. Maar selfs as ek van my geliefdes moet verloor, het ek nog nie alles verloor nie. Die grootste denkbare verlies is wanneer God nie meer in my lewe aanwesig is nie.
Om Jesus as Here te ken, oorroep alles en almal in my lewe. Hy maak my Syne vir tyd en ewigheid. Hy is my enigste hoop. Saam met Paulus in Filippense 3 gee ek alles prys om die Here as die hoogste Bron van vreugde te ken.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...