Uit-asem, of dalk nie!
- ekerkweb
- Dec 30, 2013
- 1 min read
deur Stephan Joubert
Die jaar se asem is bykans op. 2013 is amper verby. Teen die spoed van een dag op ’n slag het 2013 voor ons oë verbygesnel. Goddank, op wie weet hoeveel maniere was die Here gedurende die afgelope jaar in ons midde aanwesig. Toe dit donker was, het Hy sy hemelse lig laat skyn. Toe slegte nuus in die omgewing was, het Jesus se Goeie Nuus opgedaag. Toe geweld en chaos gedreig het om oor te neem, het Jesus se vrede getriomfeer. Toe moed en hoop weggesyfer het in die sand, het die hoop van die Here in ’n paar harte bly brand. Op wonderlike maniere het die Here sy vingerafdrukke op ons lewens agtergelaat in 2013. Toe ons gepleit het, het Hy op sy eie maniere ons gebede verhoor. Toe ons brood by die hemel gaan bedel het, het Christus nogmaals ons genadig gewees en van voor af met ons begin. Toe ons dors was, was Lewende Water altyd in die nabyheid. God was en is steeds net een gebed ver.
2014 wink. Wie weet wat alles vir ons voorlê. Wag, ons weet!!! God se stad wag vir elkeen wat sê Jesus is die Here. ’n Oorwinnaarskroon wink. Daarom dat ons 2014 kan omhels. Ons is nie alleen nie. Ons is nie soos mense sonder hoop nie. Alles en behalwe. Ons is God se duurgekoopte eiendom. Hand aan HAND stap ons saam vorentoe. Tree vir tree loop ons saam met die Eeen wat die Pad en die Eindbestemming is, alles in een. In sy Naam durf ons reuse aan en loop ons deur groen weivelde. ’n Geseënde 2014 wag!
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...