Een dag later
- ekerkweb
- Dec 26, 2013
- 1 min read
deur Stephan Joubert
My ma het graag gesê: “Dis nie aldag Kersfees nie.” Sy was reg. Nou lê daar weer ’n volle 365 dae voor onderweg na die volgende een. Inderdaad, maar ons het nie regtig 25 Desember nodig om die boodskap van Kersfees te vier nie. Jesus is die ware inhoud van hierdie dag... en van elke ander dag wat God ons hier op aarde gun. Ons is nie van amptelike godsdienstige feesdae afhanklik om God se reddingsdade in herinnering te bring nie. Anders gestel, Kersfees gebeur ook op 26 Desember, en op elke ander dag. Jesus is die Kind uit die hemel wat die Here is van elke fees wat ons aanlê. Ook is Hy aanwesig by elke doodgewone dag in ons lewe. Ons mag Jesus nie wegpak saam met al die Kersversierings en Kersmusiek tot en met volgende feesgety nie. Jesus laat Hom in elk geval nie wegpak nie. Hy laat Homself nie tem of makmaak tot ’n Kersfees-Jesus nie. Hy is die Here. Daarom is Hy aanwesig by elke dag wat die naam vandag dra.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...