Hoe kom ek aan die anderkant?
- ekerkweb
- Dec 19, 2013
- 1 min read
deur Stephan Joubert
“Hoe kom ek daar aan die oorkant?” roep die ou uit toe hy iemand aan die anderkant van die rivier sien staan. “Moenie bekommer nie; jy’s klaar aan die oorkant,” antwoord die vakerige ou terug. Nou ja, regdeur die eeue wonder mense hoe hulle eendag oorkant die dood gaan uitkom. Tog vertel die Johannes-evangelie dat die oorkant reeds deurgebreek het na ons kant toe. Jesus het God se nuwe lewe al die pad hierheen gebring. Hy het die onoorbrugbare pad van die anderkant af eiehandig na ons toe oorgesteek. O ja, Hy alleen is ook die pad terug soontoe.
Ons hoef nie tot by ons dood te wag om die anderkant bereik nie. Daardie soort lewe wat in ewigheid nooit sal ophou nie gebeur vandag reeds. Oor en oor sê Jesus in die Johannes-evangelie dat elkeen wie in Hom glo nou al die ewige lewe het. Jesus Self is die lewe. Geloof in Hom is die sleutel tot nuwe lewe wat tot ’n ewigheid anderkant die dood sal aanhou. Geloof ontsluit die deure na daardie ewige Oorkant wat reeds in Christus hier tussen ons aangebreek het. Hy is God se groot Kersgeskenk aan ons almal.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...