top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

“Sê nou ... ek gaan nie hemel toe nie ...”

deur Milanie Vosloo

Ek het nou baie goeie nuus vir julle: dit waarvan die Bybel praat, naamlik dat God mense vryspreek van hulle sondes, selfs al doen hulle nie stiptelik alles wat die wet van God sê nie, het uiteindelik waar geword. — Romeine 3:21

“Ek’s so bang ek gaan nie hemel toe nie.”, skryf ’n ekerk-nuusbrief-leser ’n tyd gelede. “Ek ken al die Skrif-waarhede, maar ek weet ook hoeveel keer ek nié binne God se wil leef nie. Sê nou Hy het my afgeskryf ...”

As jy ook soms twyfel waar jy die ewigheid gaan deurbring, kan jy gerus wees Romeine 3:19-31 lees. Daar lees ons:

1. Ons álmal, die wat naby aan die Here leef sowel as ons wat soms ver van Hom af wegdwaal, staan ewe skuldig voor God. (19,23)

2. Juis omdat ons almal so feilbaar is en hoegenaamd nie God se wet kan onderhou nie, het die Vader sy Seun as Offerlam gestuur om ons van van ál ons sondes te verlos. (24,25)

3. As ons in Christus glo, tel ons verkeerde dade glad nie meer nie, want dan skuif dit as’t ware oor na Hom toe. Dan neem Hy ons sondes op Hom en betaal sy bloed daarvoor. (25,26)

Onthou vandag: As jy gekies het om Christus se uitnodiging te aanvaar en vir Hom gesê het: “Ja, U is mý Here en mý God”, dan sál jy eendag in die hemel wees. Dan ís jy gered. Vir altyd.

Dankie dat ek wéét dat ek u hemelkind is.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page