Hoe aantreklik is jou geloof?
- ekerkweb
- Dec 11, 2013
- 1 min read
deur Milanie Vosloo
“Die manier waarop julle leef, moet anders wees. God het julle geroep om syne te wees.” — 1 Petrus 1:15a
Jy sê jy’s ’n Christen. Ander mense weet ook dat jy kerk toe gaan, Bybellees en selfs in die gemeenskap betrokke is. Die vraag is: Is ons wat onsself kinders van God noem, se lewens vir ander aantreklik? Leef ons so dat ander na ons kyk en sê: “Ek hou van die manier hoe sy dink, doen, praat en is ... Ek wil ook hê wat sy het.”? Of was jy ook al, soos ek, skaam vir jouself. Skaam oor jou woorde en optrede omdat jy weet dis regtig nie hoe Jesus dinge sou doen nie?
Jesus het, afgesien van sy groot verlossingstaak, ’n menslike gestalte aangeneem sodat Hy op ’n praktiese manier vir ons kon demonstreer hoe ons ons aantreklike kindskap kan leef. So het Hy Homself kom tuisgemaak tussen gewone mense, met groot liefde en deernis uitgereik na elke ander mens wat sy pad kruis, opbouende en nederige woorde geuiter en in alle gevalle die waarheid verkondig.
Ons kan net lewende getuies van ons Meester se liefde wees as ons elke dag doelbewus die pad saam met God loop. As ons verantwoordelikheid aanvaar vir die voorbeeld wat ons as sy kinders reeds is.
Wanneer dit ons absolute strewe is om nougeset agter ons Voorbeeld aan te loop, sal ons gewone lewens vir ander aantreklik wees selfs wanneer ons dit nie eers self besef nie.
Here, mag ek die naam “Christen” werklik waardig wees.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...