top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Kaapse noodprojekte — 6 maande terugvoer

deur Magriet Smit

Ons het groepe ekerk vrywilligers wat reeds deel van gemeentes of projekte is, wat ons help om maandeliks Jesus se hande en voete te wees vir diegene wat dit so nodig het.

BAIE DANKIE aan elke persoon wat gehelp het om hierdie jaar soveel lewens aan te raak.

Moet nooit onderskat wat jou gebede, ondersteuning, en bydrae beteken nie.

Ekerk high tea by Awendrus Ouetehuis in Worcester

Datum: 27 Julie 2013

’n High tea is by die ouetehuis self gehou, om 80 mensies wat vergete voel deur die samelewing te seën.

Die dag wat ek daar gaan kuier het om te kyk of hierdie ’n moontlike projek kan wees, het van die tannies daar gesit met hul kinders se foto’s in Checkers plastieksakke, en trots vir my gewys.

Ek was so geraak hierdeur. Dit was wonderlik om te sien dat op die dag van die high tea heelwat van die inwoners se kinders kom kuier het.

Ons glo dat die ekerk “Pamper zone” waar die tannies se naels deur vrywilligers mooi gemaak is, JOY tydskrifte en gratis oogtoetse bygedra het om die dag onvergeetlik vir ons gaste te maak.

’n Prinses se verjaarsdag

Datum: 4 Augustus 2013

’n Paar ekerkers in die Strand het besluit om ’n spesiale meisiekind wat in baie moeilike omstandighede woon te seën deur ’n verrassingsbesoek en geskenke. Alles wat sy voor wens vir haar 11de verjaarsdag was in die spesiale pakkie. Van ’n nuwe Bybel, joernaal tot pragtige klere.

Haar ouers het nie geweet hoe hulle haar dag spesiaal gaan maak nie weens hul finansiële verknorsing en het gebid vir ’n wonderwerk.

Waterstewels bring hoop

Datum: September 2013

Gedurende September-maand het die Kaap geweldige stormreën gehad. Die Karavaanpark in die Strand was oorspoel in so mate dat van die permanente inwoners daar in hul motors moes slaap. Ekerk het gaan loer en ons het gesien dat baie van die inwoners nie skoene het om te dra nie (al hul besittings was nat of beskadig was a.g.v. waterskade).

God het voorsien, en ons kon elke dame in die karavaanpark (74 van hulle) seën met splinternuwe waterstewels.

Dit was so ’n belewenis om te sien hoe hierdie negatiewe situasie omgedraai word deur die gebaar van liefde. Mense wie hulle van geen kant af ken wat op die manier sê: “Ons is hier vir julle en ons gee om.”

Hoop vir ’n beter toekoms deur opvoeding

Datum: 30 Oktober 2013

Gedurende Oktober het ons gefokus op opvoeding om die projek wat ons geïdentifiseer het te seën met iets wat hul vir lank kan hou. Wat ’n wonderlike dag om ’n werkswinkel aan te bied vir die dames wat na die kosbare kinders kyk (so +/- 200) wat in baie moeilike omstandighede grootword. Hul woon in bende-geteisterde gebiede. Ons kon hul ook help met boeke in hul biblioteek en kon die dag deel in die inlywing daarvan.

Vroeë Kersfees in Worcester vir ’n baie spesiale groep kinders

Datum: 23 November 2013

Die Nuwe Hoop Sentrum in Worcester is die huis van 140 baie spesiale kinders. Van hulle is doof, maar van hulle kan ook nie praat nie. Ons het die 23ste November saam met die wonderlike groep kinders om van hulle drome waar te maak... vir hulle ’n partytjie te gee (wat so baie van ons as iets vanselfsprekend aanneem). Ook het elkeen ’n splinternuwe bal van hul eie gekry as kersgeskenk.

Geen woorde kan beskryf wat elke ekerk-vrywilliger ervaar het op die dag nie. Jesus was ons Eregas en nie een persoon het die funksie dieselfde verlaat nie. Hy is so lief vir sy kinders. En ons weet dat deur hierdie funksies, Hy hulle herinner dat Hy hulle in die palm van sy almagtige hand vashou.

Piekniek saam met vroue vanuit gebroke agtergrond

Datum: 23 Desember 2013

Ons hou ’n piekniek saam met vroue vanuit ’n gebroke agtergrond en hul kinders. Jesus was so lief vir vrouens en NIEMAND het dieselfde gebly na Hy hul lewens aangeraak het nie. Hierdie vrouens is deur so baie in hul lewens. Tydens die piekniek gaan ons geskenke uitdeel en ons Verlosser se geboorte saam met hulle herdenk.

Ek wil afsluit met ’n aanhaling uit Leonard Sweet se nuwe boek: The Well-Played Life

“First Age Godplayers aren’t afraid to play in the dirt, to shine their lights into caverns, to slog through swamps and valleys while wearing their halos in the world.”

Mag elkeen van ons gedurende 2014 nie bang wees om Jesus se lig helder te skyn in ander se lewens nie. Mag Hy al meer Sigbaar, Voelbaar en Verstaanbaar raak in ’n donker wêreld wat Hom so nodig het!

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page