Ekerk help by Nuwe Hoop Sentrum, Worcester
23 November 2013 was nie net ‘n onvergeetlike dag vir die spesiale kinders by die Nuwe Hoop Sentrum in Worcester nie, maar ook vir diegene wat gehelp het om die dag moontlik te maak.
Nuwe Hoop Sentrum is die huis van kinders wat doof-stom is. Waar ek gewoond is aan kinders wat geselsies aanknoop, was hierdie ervaring anders... Hierdie kinders se gesiggies het die praatwerk gedoen...
Sien alle fotos op Facebook, of kontak vir Magriet as jy wil betrokke raak.