Die ware skatte van die kerk
- ekerkweb
- Nov 21, 2013
- 1 min read
deur Stephan Joubert
’n Ou kardinaal iewers in Europa is een nag deur twee rowers aangehou. “Wat wil julle hê?” het hy gevra. “Al jou kerk se skatte,” het hulle geantwoord. Net daar het die kerklike al die armes gaan wakker maak aan wie daardie nag slaapplek in die kerk gegee is en hulle na die rowers toe gebring. “Hier is die kerk se skatte,” het hy gesê. Die rowers het daardie nag met leë hande weggestap. Maar wat ’n les! Inderdaad is armes kosbare mense in die oë van Jesus.
Hulle behoort die volgende gaste by jou feesmaal te wees, sê Jesus in Lukas 14. Mense soos die armes, kreupeles, lammes en blindes is volgens Jesus die belangrikste gaste op jou lys vir ’n volgende fees. By jou moet hulle nie net elke slag droë brood en ou klere kry nie. In jou geselskap moet hulle nie twee keer verneder word deur stilswyend te moet vat wat hulle kry nie. Gaan bederf ’n paar van hulle met goeie kos, nuwe klere, warm komberse en ’n dak oor hulle kop. Dan sal jy jouself gelukkig ag omdat God Self van jou ete kennis geneem het. In die ewigheid sal Hy jou hiervoor in herinnering roep.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...