Met geloof en goeie verhoudings die onbekende in
- ekerkweb
- May 5, 2015
- 2 min read
deur Marietjie Joubert Rut 1:16 In ons land is dit algemeen bekend dat baie ouers se kinders in die buiteland bly. Dit is seker een van die moeilikste dinge in die lewe, om jou kinders te laat gaan. Die laat gaan van die kleinkinders is nog moeiliker. Die enigste manier hoe ’n mens dit regkry is om in goeie verhoudings te staan. Rut se skoonma, Naomi, se seuns is beide oorlede. Naomi wil terugtrek Betlehem toe. Sy moedig haar skoondogters, Orpa en Rut aan om agter te bly in Moab. Hulle was van Moabitiese herkoms. Orpa besluit om by haar familie agter te bly, maar Rut sê dan dat sy saam met haar skoonma gaan trek. Om in Suid–Afrika te bly is ook soos om in ’n nuwe land te woon. Of jy nou emigreer of hier bly, jy bly in ’n nuwe land. Ons land het baie verander en dit is asof ons in ’n nuwe land woon. Elke dag gebeur iets nuuts. Ons land is in onseker tye. Dit bly terselfdertyd elke dag ’n uitdaging en ’n avontuur om hier te lewe. Die enigste manier om te oorleef, is in goeie verhoudings. Rut leef haar lewe in verhoudings. Sy kies vir ’n verhoudingsgedrewe toekoms. Met die Here aan een kant en haar mooi verhouding met haar skoonma aan die ander kant, pak sy haar toekoms in die nuwe land aan. Wat ’n mooi voorbeeld is dit nie! Die enigste manier hoe ons ’n sukses kan maak van ons lewe in Suid–Afrika, is deur verhoudings–gedrewe te lewe. Jou verhouding met die Here moet belangrik wees. Soos Moses moet jy ’n persoonlike verhouding met die Here hê. Soos Rut moet jy mooi familie verhoudings kweek. In Suid–Afrika het ons nodig om verhoudings te hê wat saak maak en ons land opbou, in plaas van afbreek. Met mooi persoonlike verhoudings en ’n intieme verhouding met die Here, kan ons ons toekoms in Suid–Afrika aanpak en ’n sukses daarvan maak. Hoe lyk jou verhoudings? Bou jy op of breek jy af? Is die vyandskap die moeite werd of wen verhoudings in jou lewe? Gebed Here, ek kies vandag vir U en verhoudings soos Rut. Amen
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...