Koffie is nie outomaties gelyk aan vergifnis nie
- ekerkweb
- Mar 19, 2015
- 1 min read
deur Stephan Joubert “Ek het jou verkeerd behandel, maar kan ons daaroor gesels oor ’n koppie koffie.” Wie weet hoeveel keer hoor jy sulke tipe opmerkings. Mense loop mekaar onder die stof en meen dan dat ’n vinnige koppie koffie jare se seermaak of vernedering in een kuier kan wegvat. Of dat ’n vinnige “askies” genoeg salf vir diep wonde is. Natuurlik moet ons vergeef. Ongetwyfeld is woorde soos askies lewensbelangrike taal wanneer vergifnis ter sprake is, soos wat Jesus ons leer. En, nee, ons hoef nie eers aan geheueverlies te ly voordat ons oor begin met mekaar nie. Of voordat ons daardie goor boeke toemaak nie. Maar vergifnis is nie gelyk aan ’n vinnige askies sodat die oortreder weer in een oogwink op die morele hoëgrond is en die bal terug is aan die kant van die slagoffer nie. Vergifnis, die Here se soort, vra offers. Dit vra meer as net askies per mond. Dit vra ook reg doen en reg leef. Die Here Self vra dit van ons. Hy stap saam op die moeilike pad wat ons per woord en daad na mekaar toe moet aandurf.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...