top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Lesse uit die Jeremy Clarkson debakel

Die BBC het toe die onmoontlike gedoen en vir Jeremy Clarkson, die gewilde aanbieder van Top Gear sedert 2002, van die lug af gehaal. Blykbaar sou hy een van die produseerders van die program te lyf gegaan het. Of Clarkson heraangestel sal word, moet ons nog sien. Volgens die Guinness Book of Records is Top Gear die mees gekykte program op die planeet; daarom kan ons aanvaar dat daar 'n paar onaangename dinge agter die skerms gebeur het wat die BBC tot so 'n drastiese stap gedwing het. Ons weet minstens dat dit nie die eerste keer dat Clarkson in die sop is nie. Miskien is daar ’n paar lesse te leer uit hierdie gebeure:

* Niemand van ons is te belangrik of te populêr om te kan doen wat ons wil en sê wat ons wil nie. Ons dade het gevolge, of ons onbekend of wêreldberoemd is. Ons moet dink wat ons doen. Ons moet ons woorde tel.

* Dit is gevaarlik om vrye teuels aan negatiewe emosies te gee. Talent is kosbaar, maar dit is ons karakter wat ons deur krisisse moet dra, nie ons talent nie. Talent maak party mense beroemd, gewild en ryk, maar karater-krake lei maak mense soms berug.

* Ons mag nooit slordig met ander mense omgaan nie. Ander mense is nooit ons bediendes of werkers nie. Die manier hoe ons optree teenoor mense wat in ons oë minder belangrik as onsself is, wys of ons respekvol leef.

* Ons mag nooit ’n persona vir onsself skep wat arrogant of traak-my-nie-agtig is nie. Netnou begin ons opleef hieraan.

* Ons moet leer om askies te sê vir ons tekorte en aanpassings aan onaanvaarbare gedrag te maak. Dit is waaroor ’n lewe van integriteit gaan.

bottom of page