top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Jou skets

deur Johan Beukes Daar word ’n storie vertel van Eugene Peterson wat op ’n stadium homself laat skets het deur ’n straat kunstenaar. Die kunstenaar was baie geheimsinnig oor die skets. Nodeloos om te se is Eugene heeltemal onkant gevang toe hy sien hoedat hy 20-30 jaar ouer lyk as wat hy in werklikheid is. Die kunstenaar het het sy beweegrede vir die skets soos volg verduidelik: “I have painted you as you will look in 20 years, if you insist on being a pastor...Eugene, the church is an evil place. No matter how good you are and how good your intentions, the church will suck the soul out of you. I’m your friend. Please, don’t be a pastor.” Vat ’n oomblik en dink hoe jy hierdie situasie sou hanteer het. Hiermee dan ’n paar vrae waarmee jy jouself kan besig hou om later ’n positiewe invloed op jou skets te hê...

  • Identiteit: Wie is ek en wie is ek besig om te word?

  • Rigting: Wat wil ek met my lewe doen, en saam met wie?

  • Impak: Hoe bestuur ek my verantwoordelikhede en “commitments”?

  • Onsekerheid: Hoe aanvaar ek my limiete as mens?

  • Verandering en Intensie: Wat is my visie vir die tweede helfte van my lewe? Wil ek graag dieper groei of het ek arriveer?

  • Bestaansreg: Is daar steeds ’n plek of rede, vir my op hierdie aarde?

  • Rou en Herstruktureer: Hoe hanteer ek verlies in my lewe?

  • Waarde toevoeging: Watter waarde voeg ek met my lewe toe? Hoe wil ek sterf? Wie sal my onthou? Hoe sal ek die laaste jaar van my lewe wil spandeer?

Maar jy moet nie dieselfde fout maak nie. Bly wakker en hou altyd kop. As dit jou in die moeilikheid bring, moenie bang word nie, maar hou aan om die mense van God te vertel, want dit is jou werk. Doen alles goed wat jou werk van jou vra. My tyd word nou ook min. Ek het nie meer lank om te lewe nie, dan gaan my lewe ’n offer vir God word. As jy die lewe met ’n wedloop kan vergelyk, kan jy sê dat ek daardie wedloop goed gehardloop het. Ek het dit klaargemaak en tot aan die einde het ek op God bly vertrou. Ek het ’n prys vir die wedloop gewen. (‭2 Timoteus‬ ‭4‬:‭5-7‬ DB) Erkenning: Gordon McDonald, Eugene Peterson, Scott McKnight

bottom of page