top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Die seën in pyn

deur Helena Smith So ’n paar jaar gelede is ons pragtige, talentvolle seun gediagnoseer met erge depressie. Ons opgeruimde en tergkustige seun was skielik ’n angstige vreemdeling, wat nie meer wou lewe nie. Dit was beslis die slegste tyd in my lewe; nog nooit het ek so baie gehuil en gebid nie! Dit skeur ’n ma se hart om jou kind so te sien ly, en jy kan regtig nie iets vir hom doen nie, behalwe om te bid. In ’n sekere sin, was hierdie tyd egter ook die beste tyd in my lewe! Ek was nog nooit so naby aan die Here nie en kon letterlik voel hoe Hy my deur elke dag dra. Ek het ook weer die waarde van kosbare vriende ontdek, wat saam met ons gevas en gebid het. Ek het in hierdie tyd ontdek dat beproewing ’n seën kan wees. Hoe absurd dit ookal mag klink! Niemand hou tog van pyn nie. Maar, dink ’n bietjie hieroor: Om jou liggaam en spiere in ’n goeie fisieke toestand te kry, moet jy oefen en soms is die oefeninge maar pynlik. Hoe meer jy jou spiere oefen, hoe sterker word hulle. Dit is ook hoe jou geloof groei. As jy met pyn en lyding te doen kry, kan jou geloof groei en sterker word. In moeilike tye leer ’n mens om op God staat te maak en op Hom te vertrou. Alleen kan jy nie deur moeilike tye kom nie. Met jou hand styf in God s’n, kan jy selfs in moeilike tye ’n loflied sing, soos Habbakuk: “Tog, ten spyte van alles, sal ek my verbly in die Here... Hy maak my voete soos die van ’n ribbok, op hoë plekke laat hy my veilig loop.” Liewe vriendin, as jy dalk in hierdie tyd pyn ervaar is my gebed vir jou dat jy by God krag sal kry en dat Hy vir jou ribbokvoete sal gee!

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page