Skep en Skep.
- ekerkweb
- Nov 25, 2014
- 1 min read
deur Pierre du Plessis Wie is God? Hierdie vraag is altyd maar my begin punt. Wie is God en die opvolgende vraag dan wat doen ek daaromtrent? In my ervaring antwoord ons as volgelinge van Jesus die eerste vraag op een van twee of drie maniere, veral as jy dalk soos ek gereformeerd groot geword het. God is Vader. Regter. Alwetend, Alomteenwoordig en so voorts. Een beskrywing van God wat ek verbasend min raak loop is God as Skepper. Joodse verstaan van God is baie keer eerstens as Skepper en dan die res. God as ’n wese wie se hande die heelal gevorm het, wat alles in sy plek gesit het, wat die mense gemaak het met opwinding en hul geplaas het in ’n tuin wat Hy aangeplant wat oorloop van lewe. God as die oordadige Skepper met vuil modderhande en ’n glimlag op Sy gesig. Die opvolgende vraag as jy jou Godsbeeld vir ’n oomblik fokus op Skepper lok interessante antwoorde uit. God is ’n oordadige Skepper. Wat doen ek dan, hoe leef ek? In oorvloed? In dankbaarheid? In verwondering? Ek skep, vir ander, meer. Ek skep, help myself, minder. Mag ons almal skeppers wees en nie net skeppers nie.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...