top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Liefde en dissipline

  • Nov 11, 2014
  • 1 min read

deur Stephan Joubert Liefde sonder dissipline is sentimentaliteit. Dissipline sonder liefde is wettisisme. Egte liefde het grense... én ook die regte inhoude! Te veel verwar Christelike liefde met ’n carte blanche ingesteldheid wat beteken dat verkeerde dinge altyd oorgesien moet word. Dis nie waar nie. Mense wat binne die liefde van die Here leef aanvaar altyd verantwoordelikheid vir hulle eie foute. Hulle verskuif nie die blaam na ander mense toe nie. Ook is hulle altyd bereid om oor en voor te begin met hulleself en met ander. Maar hulle weet oorbegin beteken ’n nuwe roete van gehoorsaamheid aan God. Dit beteken ook nuwe deernis vir ander. Om nuut te begin, beteken inderdaad dat daar nuwe verwagtings is. Die Here se liefde maak nuwe boeke oop en ou boeke toe. Liefde, God se soort, gaan oor die agternaleef van die lewe van Christus. Sy norme en leefwyse is al sy dissipels se daaglikse padkaart. Navolgers van Jesus leef op sy pad van selfverloëning, omgee, vergifnis en diensbaarheid. Nee, hulle is nie jellievisse sonder ’n persoonlikheid of opinie van hulle eie nie. Hulle weet egter dat hulle selfsugtige ego’s kant en klaar aan die kruis van hulle Heer vasgespyker is. Daarom dat hulle vry is om regtig lief te hê. Daarom dat hulle boeke kan toemaak — daardie oues propvol verwyte en bitterheid — en nuwes kan oopmaak.

 
 
 

Comments


KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page