top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Jy kan jou emosies kies

deur Dries Cronje Hier is ’n stukkie eerlikheid. Ek vind dit moeilik om iets te skryf vir die @Huis&Werk Nuusbrief die week. Dit voel nie of ek veel het om by te dra tans nie. En ek is so bietjie in die walvis se pens, as ek dit so kan stel... Ons almal ervaar maklike en moeilike tye in ons lewe, en dan, midde in die moeilike tye is dit maklik om moed te verloor. Wat moet ons doen? Waarheen kan ons draai? En ek dink vandag se boodskap, kort en kragtig, is suiwer om te fokus op die goeie. Kies jou emosies reg. Wees dankbaar. Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees. Soek dit en vind dit! En moet dit nie net sê of dink nie... Voel hoe dankbaarheid in jou opbou soos jy aan die goeie dinge in jou lewe dink. Verbly jouself in die beloftes van die Bybel — daar is baie, en Google weet van hulle almal! Draai weg van jou bekommernisse en probleme af. Vind die dele van God se woord wat dit baie duidelik stel dat God in beheer is in jou lewe. Dat Hy weet wat Hy vir jou beplan. Voel hou die blydskap en positiwiteit in jou opbou soos jy aan hierdie beloftes vashou. Onthou, Paulus sê nie dit is wys vir ons om blydskap te hê nie... Dit is amper asof dit ’n bevel is. “Julle behoort oor te loop van blydskap omdat julle aan die Here behoort. Ek sê weer, julle moet baie bly wees.” — Paulus in Filipense 4:4 En ja, dis dit vir die rondte. Ons kan altyd weet dat ons beproewinge is tydelik van aard. God has your back! Selfs al moet ons dit weer en weer vir onsself herinner. Lekker naweek vir jou!

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page