Rus
deur Johan Smith Wat is rus? Iets wat mens vir ontbyt of aandete eet? Dit is presies hoe vandag se post-moderne mens dit hanteer. Ek ken baie min mense wat kan sê hulle lei ‘n rustige lewe (let wel: nie ‘n lui lewe nie). Ek lees ‘n paar weke gelede raak dat iemand sê: Jesus was busy, but never in a hurry. Dis nogal woorde wat my diep laat dink oor my eie lewe. Ja, almal is besig, almal het ewe min tyd, maar is jy gejaagd in jou besig wees? Maak jy intensioneel tyd om af te skakel en te rus? Of hardloop jy die hele tyd op empty of gevaarlik naby daaraan? Is jy nie dalk oppad om iewers sonder spreekwoordelike petrol te gaan staan nie? Die bekende geestelike leier, Gordon MacDonald, sê hy het by die Jode geleer van die waarde van intensionele rus en tyd maak vir die Here. ‘n Man met die van Wouk sê: The main effect is: release, peace, gaiety and lifted spirits. Kom ons lees die Message vertaling van Eugene Peterson oor 2 Kor 13:5: Test yourselves to make sure you are solid in the faith. Don’t drift along taking everything for granted. Give yourself regular checkups. Soos ‘n motor ‘n gereelde diens nodig het, het ek en jy ook gereelde “dienste” nodig – net meer gereeld as ‘n motor. Ons slytasie gebeur bietjie vinniger en meer gereeld. Gordon MacDonald sê self oor intensionele tye van afskakel en rus: Reflection is an inner conversation. During inner conversation your engagement with other people is suspended. There’s a time to love, to serve, to care for other people. But a time of inner conversation is personal and private. In ‘n dol, gejaagde lewe is dit so nodig en so noodsaaklik om jouself te gun om alleen te wees met die Here. Ons almal het tye van eerlikheid met God, rou skoonmaak, tenk volmaak en herstelde vrede en vreugde so nodig. Daarom, rus! Rus in Hom!