Volg my
deur Tom Smith Jesus nooi elkeen van ons met die uitnodiging, “Volg My.” Daarom lyk ons volgelingskap so uniek soos die ritmes van ons lewens. ‘n Mamma met ‘n baba volg anders as ‘n student wat vir die eindeksamen leer. Soms gebeur dit egter dat Jesus volgelingskap gereduseer word tot formules en onpersoonlike beginsels. Ek lees onlangs ‘n pragtige storie van ‘n Westerse toeris wat ‘n bedoeïen (woestyn bewoner) wat Engels kon praat vra hoe ver die naaste oase is. Die bedoeïen ignoreer die man toe heeltemal. “Hoe ver is dit tot by Eien El Furtaga?” vra die man nog ‘n keer, maar hierdie keer druk hy elke woord uit asof hy met iemand praat wat hardhorend is. Die bedoeïen ignoreer die man toe weer. In frustrasie skreeu die toeris toe ‘n derde keer, “Hoe ver is die oase!!!” en loop toe weg. “Omtrent vier ure”, antwoord die bedoeïen. “Hoekom het jy my nie die vorige kere geantwoord nie”, vra die man. “Want toe het ek nie geweet hoe vinnig jy loop nie!” antwoord die bedoeïn. Elkeen van ons stap met ons eie pas. Hoe kan jy vandag Jesus se uitnodiging teen die spoed van jou lewe volg?