top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Magriet Smit is Me Hoop Suid-Afrika 2015!

Magriet Smit, wat ons noodbediening behartig, is pas aangewys as Me Hoop Suid-Afrika 2015.

Magriet skryf die volgende:

“Ek het die voorreg om vir ‘n geruime tyd met ekerk projekte te werk. Daar ontmoet ek dapper, sterk, soms stukkende maar wonderlike mense langs die pad.Wanneer God iets oor jou pad stuur soos die kompetisie, moet jy jouself dadelik die vraag vra wat jou motief is om dit te doen. Met ‘n titel waarin die woord “Hoop” gebruik word, is die verantwoordelikheid daar om iets saam met jou te dra en uit te deel. Ek kan nie ‘n lewe van negatiwiteit en moedeloosheid leef maar iets anders sê en oordra nie. Waar vind ek hoop?

In die Een wat my geskep het.

Alle eer aan Hom wat hierdie ongelooflike geleentheid oor my pad gebring het. Tydens die aand van die kroning, die 10de Oktober, kon ek nie help as om te praat oor wat ons by ekerk projekte doen nie. Hoe lewens geraak en verander word deur Jesus dmv gebare van liefde en hoop deur ons mense hande en voete wat Hy gebruik en stuur.

Volgende jaar Julie neem ek deel aan die internasionale kompetisie vir die Me Hoop Internasionale titel. My motief? Om Suid-Afrika, die minder bevoorregte projekte met wie ons werk, maar bowenal God van Hoop te verteenwoordig.

In Romeine 5:5 staan in die Boodskap: “Wanneer ons al ons hoop op God stel, sal Hy ons nooit teleurgesteld wees nie. Want Hy vul ons lewens elke dag met sy liefde.”

bottom of page