Ek mag dalk opdaag, so vinnig.
- ekerkweb
- Oct 17, 2014
- 1 min read
deur Pierre du Plessis My goeie vriendin, Linda Rousseau (volg haar hier: www.twitter.com/linda_rousseau), het die ander dag hierdie gedagte vir ons uitgelig en ek wil dit graag met julle deel. God is gasvry, God is so gasvry dat Hy die vreemdeling in nooi in Sy huis, in Sy familie. Menigte male in die teks lees ons die opdragte aan Israel, ‘Onthou julle was vreemdelinge in Egipte, en God het julle gaan haal’ of ‘julle moet dus sorg vir die vreemdeling onder julle’. Ook in die Nue Testament, Efesiers 2 praat Paulus van die heidene wat eers vreemdelinge was, maar nou deel van God se huis. Gasvryheid is so sentrale deel van die storie van redding, dat ons dit gelyk kan stel aan redding. Gasvryheid is Redding. Die teen vraag, wat Linda so mooi gestel het, was ‘Watter tipe gas is jy?’ Is jy ‘n gas wat sê jy kom, maar dan flou verskonings maak die dag van die braai? Is jy die tipe gas wat opdaag in ‘n ou Themp en kortbroek by ‘n deftige troue? Is jy die tipe gas wat dalk net ‘vinnig ‘n draai maak’ of net ‘gesig wys’ of eer jy die gasheer met jou aandag, jou teenwoordigheid, en jou deelname? As gasvryheid redding is, dan is om ‘n goeie gas te wees sekerlik aanbidding.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...