Om te lag is om jou lewe te verander
deur Stephan Joubert
Kom ons wees eerlik met mekaar: kinders is soveel meer avontuurlustig as meeste volwassenes. Net soos die koningin van Alice in Wonderland sê: “Kinders leer ten minste nege onmoontlike dinge voor nege in die oggend”. Gelukkig is daar nog hoop vir volwassenes aangesien ons die ingeboude kapasiteit het om presies dit te doen wat kinders doen! Nuwe studies wys dat ons almal fisiologies aanmekaar gesit is om empatie te betoon. (vlg. Daniel J. Siegel, 2007. The Mindful Brain, bl. 164-188). Ons almal het ‘n basiese instink vir omgee. Ons besit die vermoeë vir empatie. Ons kan deur ons eie wete en ervarings reageer met empatie op ander se seer en behoeftes. Dis hoe God ons gemaak het. Dit is deel van ons ingebore DNA om te kan liefhê
God het ons in sy wêreld met ‘n innerlike gereedheid en die vermoeë om te leer geskep; om bewus te wees van ander se gevoelens en vol vreugde te wees. Hy het sy DNA in ons almal geplaas soos 1 Joh 3:9 vir ons sê. Maar ongelukkig bly ons in ‘n gebroke wêreld. Ons is besoedel met ONgenade en sonde, lank voordat ons daarvan bewus was. Die res is geskiedenis! Wag, die rés is tog nie die volle storie nie. Daar is wel vir ons genade en in dit lê die Vryheid soda tons kan wees wie God ons oorspronklik gemaak het.
Hoe? Een van die maniere is dat ons, ons lewens doelbewus moet vul met die vreugde van die Here. Ons moet daagliks in sy goedheid lag, sing en vier! Terselfde tyd moet ons ook doelbewus goeie dade doen vir ander in Jesus se Naam. Ons moet intensioneel water uitdeel, ander se laste drae, bemoedig, troos en ander seën voor slaaptyd elke aand.
Volgens Czerner (What Makes You Tick? The Brain in Plain English, 2002): ‘The brain needs to see a happy face and to hear occasional laughter to cement its neural circuitry. In other words, true joy is brain cement. It is also soul food and instant fertilizer for our heads. A life of joy is the will of God. We have forgotten what Paul says in 1 Thessalonians 5:16-18: “Rejoice always, pray without ceasing, in everything give thanks; for this is the will of God in Christ Jesus for you.”
Die konsep dat die kortste afstand tussen twee mense ‘n glimlag is, is nie net ‘n sentimentele konsep nie, dis eintlik die waarheid. Ons is gebore om mense te wees wat gaaf is en omgee. Kom ons vervul die plan wat God vir ons lewens het deur weer ons oorspronlike self te wees. Kom ons lag ook meer, aangsien ‘‘lag die son is wat winter van ‘n mens se gesig uitdryf’ soos Victor Hugo sê.