top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Die waarde van een

deur Johan Smith Dink terug aan die verhaal van Paulus se bekering en sy lewe daarna. Hy was ook iewers deel van die massa. Hy was deel van ’n skare wat Stefanus gestenig het en baie tevrede met hulle goeie handewerk was. Hy was een van vele wat christene vervolg het en hulle in tronke laat stop het. God orkestreer ’n Lig om Paulus te ontmoet oppad na Damaskus en daar kom die draai. Een mens se lewe het verander — ’n redelike onwaarskynlike kandidaat. Derduisende ongelowiges het die Evangelie gehoor omdat die een Paulus by Jesus uitgekom het. Hierdie een Paulus het uiteindelik 13 van die 27 boeke in die Nuwe Testament geskryf. In ’n land soos Suid-Afrika kan ’n mens oorweldig raak deur al die nood. Ons het van die hoogste werkloosheid in die wêreld en relatief tot onder lande het ons die hoogste persentasie weeskinders as gevolg van die Vigs-epidemie (syfers van 4 miljoen weeskinders word al aangehaal). Hier is ’n skaal van armoede, bedrog en geweld wat ’n mens soms net wil oorweldig. Tog, as jy jou fokus verander en besef dat elke individu vir die Here belangrik is, verander jou hele kop en hart oor die saak. Wie is die een in wie se lewe jy ’n verskil kan maak? Waar is die een wat God oor jou pad gaan stuur wie se hande jy kan vat om te lei en ’n voorbeeld voor te wees? Katie Davis verstaan dit so mooi. Hierdie jong meisie skryf dit so mooi: I can, however, change the world for one person. I look at the life of my Saviour who stopped for one. So, I keep stopping and loving one person at a time. I can do only what one woman can do, but I will do what I can. In Lukas 19 lees ons ’n verhaal van waar Jesus in Jerigo aankom. Jesus was oppad om die massa te ontmoet. Daar sit Saggeus in ’n baie hoë boom. Dan praat Hy met die een persoon en sê vir hom Hy, Jesus, moet vandag by hom in sy huis tuis gaan. “Tuis gaan” beteken verhouding bou en kuier. “Tuis gaan” beteken gefokusde aandag. Jesus vergeet van die massa, Hy draai na die een persoon en gaan by hom tuis. Daar kom Saggeus by Jesus uit en van tollenaar verander hy in iemand wat maksimaal vrygewig raak en sy geld en goed begin uitdeel. Praat van ’n wonderwerk! ’n Wonderwerk is die resultaat van fokus op die individu.

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page