top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Ritme.

deur Pierre du Plessis Een skynbare klein ding wat ek al hoe meer die belangrikheid van besef is die van ritme (onder andere by my vriend Tom Smith geleer wat ook vir huis & werk skryf). Ons kinders is nêrens sonder ritme, of ’n roetine in outaal, hulle eet sommer sleg en slaap sommer ekstra sleg. In my oefen tye is dit amper lewens belangrik om dieselfde ritme te hou, of jy draf, swem of fietsry; so ongeveer 80 tree, trappe per minuut, en so 10 slae in 25 meter in die swembad. Dit is ook belangrik dat jou hart ’n konstante ritme hou, of jy nou opdraande of afdraande gaan, so 75% van sy kapasiteit is goed. Dit is amper so luier spoed. Sonder ritme maak ons natuurlik moeilik musiek, sonder die tromslag of die baskitaar gaan dinge maar swaar. Ek kom ook agter dat soms, selfs, mens sukkel om God se musiek te hoor en Sy stem te hoor. Wat ons gewoonlik dan doen is om te probeer harder musiek speel, harder te werk, en meer te doen. Die ironie is die antwoord tot die stilte is tien teen een dat ons die sagte ritme van Sy hart verloor het. Dat ons te vinnig hardloop, te veel probeer inprop, of te vinnig wil ‘geestelik’ groei. Terwyl ons dalk net moet terugsit elke dag, stop, asemhaal, en terugkom op luier spoed, wat ookal dit vir jou beteken, vir my beteken dit dat ek een keer ’n dag stilte forseer en ’n uitgewerkde eeue oue gebed luister of opsê. My wyse vriend, Nicholas, sê die ander dag vir my dat hy dink dat wanneer ons eendag voor God gaan staan dat die eerste vraag wat God ons gaan vra gaan wees, ‘Waarom het jy nie meer gerus nie?’ “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” — Matthew 11:28 (MSG)

bottom of page