top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Selfgesentreerd vs Christusgesentreerd

deur Elmarie van die Westhuizen “I gave a little tea party this afternoon, at 3. Twas very small, 3 guests in all — I, myself, and me. Myself ate all the sandwiches while I drank all the tea. Twas also I who ate the pie and passed the cake to me.” “If we live a self-directed, self-motivated, self-centered life, always needing to get our own way, then we’re going to be miserable. In fact, many times we believe it’s our problems that are making us unhappy when, in reality, it’s because we’re focused on ourselves!” — Joyce Meyers Self-gesentreerdheid is seker die mees onaantreklike persoonlikheidseienskap. Die meeste van ons sukkel soms om ’n gevoel van deernis en begrip teenoor ander te handhaaf. Ons kan ook so selfgesentreerd raak dat ons nie die moeite doen om ’n ander persoon se standpunt of gevoelens te verstaan of in ag te neem nie. Selfgesentreerdheid beteken om jouself en jou behoeftes en begeertes eerste te stel, om nie in staat te wees om ’n ander se perspektief en standpunt in te sien nie en onverskillig te wees teenoor ander se behoeftes. Jy beskou jouself as belangriker, slimmer en meer bekwaam as ander. Jy kan baie veeleisend wees en wil dinge die meeste van die tyd op jou manier gedoen hê. Wanneer ek self-gesentreerd is, neig ek om disrespekvol teenoor ander te wees, sukkel ek om verhoudings in stand te hou en raak maklik in geskille betrokke. En elkeen van ons loop gevaar om in hierdie afwaartse spiraal van selfsug te beland. In skerp teenstelling hiermee is die lewe waar Christus die middelpunt is. So ‘n lewe lyk radikaal anders — hierdie persoon is maklik om mee oor die weg te kom, inskiklik en vriendelik, geduldig, goedhartig en liefdevol. Hul behoeftes en begeertes is nie meer die belangrikste nie en word ondergeskik gestel aan wat Christus van hul vra. In nederigheid ag hulle ander se behoeftes hoër as hulself. Die woorde oor Moeder Teresa is dan ook van hulle lewe waar “Her secret is that she is free to be nothing. Therefore God can use her for anything.” In nederigheid en liefde trek hulle ook, soos sy, hul Jesus-voorskoot aan en dien in hul gesin, hul werk en gemeenskap. Verhoudings is vir hulle belangrik en hulle gaan eerste om vrede te maak en om verhoudings te herstel. Hulle het empatie en simpatie met ander se situasie en standpunte. So gee hul hul kosbare tyd op om kospakkies te pak vir die bejaardes in ouetehuise. Selfs in moeilike omstandighede kan hulle vanuit hul innerlike rykdom aan vrede en liefde, soos Gerrit en Mariette, kalm en rusig op die Here fokus wanneer hul besigheid se lewensaar toegedruk word en ‘n helpende hand uitsteek na ander wat swaar kry. Die Christusgesentreerde leuse is Galasiers 2:20: “Ek is saam met Christus gekruisig en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.”


bottom of page