top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Soek

deur Tom Smith Vandat ek ’n kind is, assosieer ek die Julie vakansie met wildtuin toe gaan. Wildtuin beteken groot vyf soek. Gedurende hierdie tyd word almal in die huis se verbeelding betower deur die soeke na leeus of ’n luiperd in die boom. Elke klip in die gras — of tak in ’n boom word ’n potensiele kat. Soos ons deur die wildtuin swerf word daar gereeld geskreeu “Stop!” gewoonlik is dit net nog ’n klip of stomp. Na ’n oggend of aand se rondry is almal poegaai. Die spier wat die meeste oefening kry in die wildtuin is die soek-spier. Hierdie jaar het ek en my familie weer die wildtuin besoek en oudergewoonte ons soek spiere geoefen. Dit was wonderlik. Al hierdie soekery het my laat dink aan Jesus se woorde in Matteus 6:33, “Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.” Hoe lyk dit om die Leeu van Juda te soek soos ons vir Tau in die wildtuin probeer kry? Dallas Willard skryf, One of the problems that many Christians today have is that, since they are Christians, they have found it and they stop seeking. But seeking is the way we live. We never get beyond seeking, and it has many dimensions. One of the most important is that God wants to be wanted. He wants to be sought. That is why he doesn’t just run over us. * Ek wonder altyd na ’n wildtuin vakansie hoeveel keer ons verby leeus gery het wat na ons gekyk het terwyl ons hulle misgekyk het. God kyk ons egter nie mis nie en is ’n beloner van die wat hom soek (Heb 11:6). God hou daarvan om gesoek te word en wys homself aan die wat soek. Hoe kan ons as families ons Leeu van Juda soek spier oefen? * Willard, Dallas; Ortberg, John (2013-12-26). Living in Christ's Presence: Final Words on Heaven and the Kingdom of God (p. 71). InterVarsity Press. Kindle Edition.

bottom of page