God was hier.
- ekerkweb
- Jul 23, 2014
- 1 min read
deur Pierre du Plessis God bly mos in ’n huis. Elke sondag toe ek klein was het die persoon van voor af gesê, ‘Welkom in die huis van die Here.’ My skoolhoof se gunsteling saal opening was om vir ons te uit te wys presies hoeveel tyd jy aan verskillende aktiwiteite spandeer deur jou lewe; soveel jare aan slaap, x aantal ure aan eet, miljoene minute aan TV kyk en so aan. Sy ‘punchline’ was altyd, hoe min tyd ons aan die Here spandeer, ’n paar minute in die oggend dalk, ’n uur op ’n sondag, ’n skiet gebed hier en daar. Dan laat sak ons ons koppe en stem vol skuldgevoel saam. Wanneer ek God se storie lees, lees ek iets anders. Ek sien dat God na ons toe kom in Jesus, dat hy saam met ons loop. Dat hy nie ons uitnooi en wag tot ons opdaag nie, maar dat hy tussen ons kom staan. Ek lees van Jakob wat wakker word na sy droom van ’n leer wat uit die hemel kom en sê, ‘God was hier op hierdie plek en ek was nie bewus daarvan nie.’ God bly nie in ’n huis nie. God bly nie in jou 5 minute stiltetyd nie. Die huis is in God. Die 5 minute stilte is in God. Jou slaap is in God, jou eet, en jou TV kyk. God is naby, maar Hy is nie in hierdie plek nie... eerder hierdie plek, alles, is in God.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...