top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Wie is Eden Gemeente?

deur Mynhardt van Pletsen

Eden Gemeente is 'n wonderlike geloofsgemeenskap in die Oos-Kaap, en onder leiding van Koos van der Merwe en sy dinamiese span ondersoek hulle eerlik en openlik wat dit beteken om as 'n volgeling van Jesus in ons hedendaagse tye en plekke te leef.

Stephan Joubert het onlangs die gemeente besoek, en ons is opgewonde om in die toekms meer en meer deel te wees van die unieke geleoofspad wat die mense van Eden Gemeente daagliks stap.

Lees gerus meer oor Eden op hulle webblad:

Eden Gemeente assosieer op verskeie vlakke met ander gemeentes en denominasies en ons definieer ons nie primêr binne denominele verband nie.

Ons fokus is hoofsaaklik op die omgewing waarin ons is en ons voel gemaklik om onsself te beskryf as 'n missionele gemeenskapskerk. Ons vind ons filosofies en in verhoudings tuis as deel van Missionet, 'n groep gemeentes uit verskeie denominasies asook onafhanklike gemeentes, wat saam dink oor effektiewe missionaliteit.

In 'n sensus wat ons doen oor hoe ons lidmate hulself posisioneer, het byna 'n honderd persent van die nuwe lidmate wat ons vir die afgelope meer as twee jaar voorgestel het, hulself nie tot lidmaatskap van 'n spesifieke denominasie verbind nie. Die meerderheid van ons lidmate beskou hulself as deel van 'n plaaslike gemeente sonder enige spesifieke klem op denominele lidmaatskap. Ons beskou onsself daarom as post-denomineel, terwyl ons tog steeds 'n tuiste is vir lidmate wat histories bande met die AGS het en vir hierdie rede word hierdie bande steeds behou.


bottom of page