Oefen jou dankbaarheid spiere!
- ekerkweb
- May 28, 2014
- 2 min read
deur Dries Cronje
So paar maande terug het ek ’n artikel geskryf oor dankbaarheid. En vandag wil ek net baie kortliks ’n daaglikse gebeds–gewoonte voorstel wat groot verandering in jou lewe kan bring. Ons almal reis elke dag. Of dit nou in ’n motor is, in verkeer, of op ’n bus, of op ’n trein... So, wat ek wil voorstel is dat jy jou reistyd gebruik vir die gebed. (As jy nie reis nie, doen dit terwyl jy skottelgoed was, of iets anders doen waar jy nie intens hoef te dink terwyl jy besig is nie.) Dis eintlik baie eenvoudig... Sê net dankie! Sê vir die Here dankie vir tien goed waarvoor jy regtig dankbaar is en voel die dankbaarheid in jou soos jy bid. Is jy dankbaar vir jou eggenoot of lewensmaat? Vir jou gesondheid? Gesonde kinders? Is jy dankbaar vir jou inkomste en jou werk? Dalk vir die dak oor jou en jou gesin se kop hier in die winter? Of vir ’n motor wat jou veilig van punt A na punt B neem? Wees kreatief... Dink hard. Kry daai tien goedjies waarvoor jy dankbaar is en sê dit vir die Here. Dit maak sy hart bly as sy kinders dankbaar is en die seëninge in hulle lewens raaksien en waardeer... Hy sien dit raak. Die Bybel sê: “It’s the praising life that honors me. As soon as you set your foot on the Way, I’ll show you my salvation.” — Psalm 50:23 (MSG) Ek is seker jy gaan sien hoe jou houding en omstandighede drasties verbeter as gevolg van hierdie eenvoudige oefening. As jy wil vertel hoe dankbaarheid jou lewe ophelder, stuur gerus vir my ’n epos.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...