Hoeveel kos 'n ekerk webinaar?
- ekerkweb
- May 13, 2014
- 1 min read
As jy in die verlede al ingeskakel het op 'n ekerk webinaar, of jy oorweeg dit dalk in die toekoms, is hierdie nuusbrokkie vir jou.
Die goeie nuus is dat vir die volgende webinaar seisoen, geen webinaar jou 'n enkele sent kos nie - dis gratis en verniet! Ekerk staan vir eers graag in vir al die kostes verbonde daaraan om hoë kwaliteit inhoud oor die lug, tot by jou rekenaar, te versend. Daar is egter, soos reeds genoem, noemenswaardige uitgawes wanneer dit by die aanbied van 'n standhoudende webinaar diens kom.
Gevolglik sal ons dan, nadat ons aanvanklike gratis toetsperiode verby is, 'n billike prys per webinaar registrasie vasstel. Hierdie kostes sal dan aangewend word om al die uitgawes te delg wat ons help om die webinaar diens aan te bied.
By ekerk het ons net weer besef dat dit nie aldag moontlik is vir almal om by elke liewe opleidingsgeleentheid uit te kom nie, wat beide tyd en kostes aanbetref. Daarom wil ons ons webinaar geleenthede so toeganklik as moontlik aanbied. Geniet gerus hierdie eerste paar gratis webinaar aanbiedings - dis ons hoop dat jy selfs daarna deel sal vorm van 'n dinamiese aanlyn gemeenskap, wat op gereelde geleenthede saam kan leer.
Kontak pierre@ekerk.org gerus vir enige vrae of voorstelle.
Recent Posts
See AllBrad Huddleston DIGITAL COCAINE A journey toward iBalance Christian Art 2016 Sosiale media het soos ‘n reuse bom ontplof en die hele...
Terwyl God se beloofde terugkeer skynbaar nie vandag gaan gebeur nie, vergeet ek maklik dat elke dag eintlik genadetyd is, tyd waarin ek...
Inkleurboek KLEURVOLLE INSPIRASIE VIR GROOTMENSE Kikker jou lewensreis op met kleur en Bybelse inspirasie Illustrasies deur Amylee Weeks...