Ewige Lewe
deur Tom Smith
In die vroeë oggend ure van die Saterdag oggend voor Palm Sondag is my ma oorlede. Dit was ’n groot skok vir ons familie. Ma was ’n dierbare mens wat diep-gewortel in Jesus was. Haar lewe het liefde en diens gedrup op ’n konstante manier. Haar lewe was ’n getuigskrif van iemand wat die Psalm skrywer beskryf het, “soos ’n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra”.
In Heilige week word ons herhinner aan die realiteit van dood (Goeie Vrydag) en die wonder van opstanding (Opstanding Sondag). Dit is die ritme waarin al ons daaglikse lewens opgevang word. In Jesus word ons egter ingeskryf in ’n nog groter drama — die ewige lewe. Toe sê Jesus vir haar: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie. Glo jy dit?” Hierdie ewige lewe is nie net ’n aanduiding van kwantiteit nie, maar ook kwaliteit. Vir altyd in tyd en ewig in impak.
Jesus leer ons wat dit beteken om waarlik te lewe, of om “lewe in oorvloed te hê” — hierdie lewe is om in verhouding met Jesus te staan. Soos Christus self gesê het, “En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is.” In die laaste paar weke lees ek deur my ma se joernale en dit is heilige grond — gebede wat getuig van iemand wat in die elke dag die realiteit van dood en opstanding — die ewige lewe — beleef het. Daarom dra haar lewe vrug, al is sy nie meer hier nie.
In haar dagboek is daar ’n stuk los papier, koffie beflek, waarop sy in haar eie hand die Message parafrase van Matteus 11:28-30 oorgeskryf het,
“Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me — watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
Die drama van die lewe word ewig wanneer ons na Jesus kom en by Hom leer. Ma se lewe was (en is steed) ’n voorbeeld van iemand wat hierdie in die alledaagse van haar lewe geleef het. Nou staan sy in die teenwoordigheid van al die mense wat ook in Jesus sin gevind het, sy is deel van die “groot skare geloofsgetuies” en saam hits hulle ons aan,
“Hou julle oë op Jesus, Hy is die Begin en Voleinder van die geloof.”