top of page
photo 1.JPG 2014-9-10-8:3:47

Aan watter bome groei jou vrugte?

deur Johan Smith

Soveel mense vandag is bewus van die woord “sukses”. Soveel mense streef daarna om suksesvol te wees. Dit laat my altyd so dink aan wat die werklike definisie van sukses is. Ongelukkig het dit vir baie te doen met hulself en hulle eie verryking en klim van die leer om uiteindelik bo te kom.

Die bekende skrywer, Jim Collins, ’n leierskap-spesialis in die wêreld (skrywer van onder andere van “From Good to Great”) het eendag vir een van sy mentors gevra om hom ’n paar wenke te gee oor hoe om suksesvol te wees. Sy mentor se antwoord was:

“Life is not about being successful, but about being useful.”

Duidelik definieer dit sukses weg van jouself. Duidelik het sukses volgens hierdie definisie of kort verduideliking alles te doen met wat jy vir ander mense kan beteken. BRUIKBAARHEID is waaroor die lewe gaan. Dit het my dadelik laat dink aan die bekende en mooiste Skrifgedeelte in Efesiërs 2 verse 8-10 dat ek en jy uit genade deur geloof gered word. Hierdie redding is ’n geskenk van God wat ons in Christus herskep om ons lewens te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het. Dit, in God se oë, is sukses. Dis weg van jouself. Dis gerig op ander.

Dit het min tot niks te make met die huis waarin jy bly, die regte adres, die nuutste model luukse motor, die grote van jou bankrekening of die posvlak waarop jy jouself bevind nie. Nee, wat het jy met die geskenk van redding uit genade deur geloof gemaak om iemand anders se lewe deur jou bruikbaarheid en diensbaarheid te verbeter.

Peter Drucker, wat ’n mentor was vir bekendes soos Rick Warren, Bill Hybels en Bob Buford het dit die heel mooiste opgesom:

“The fruit of your work grows on other people’s trees.”

  • Hoeveel mense is vandag gemaklik daarmee dat hulle ander help om hoër as hulle self te vlieg?

  • Hoeveel mense is vandag gemaklik daarmee dat hulle afklim van hulle troon en intensioneel ander dien en help?

  • Hoeveel mense is doelgerig besig om nie te werk aan hulle eie status of groter bankrekening nie, maar eerder om te investeer in ander?

  • Hoeveel mense vandag kies intensioneel om sukses te meet aan die vrugte wat aan ander se bome groei?

In ons selfsugtige en selfgerigte wêreld raak die leef van ware Christenskap, die ware volgelingskap van Jesus al hoe moeiliker.

Aan wie se bome groei jou vrugte?

 

KONTAK ONS

Kontak ons gerus met enige vrae of voorstelle. Gebruik die besonderhede hiernaas of skryf sommer jou boodskap in die vorm hieronder.

Jou boodskap is gestuur!

e | info@ekerk.org

c | 083.670.9974

f  | 087.123.4567

Posbus 11315, Aston Manor 1630

52 Weltevreden Crescent, Kempton Park

Regnr:  2004/011580/08

  • w-facebook
  • Google Clean
  • w-twitter
  • w-vimeo
  • YouTube - White Circle

​© Kopiereg 2012 Ekerk Vereniging

bottom of page